’n 10-JARIGE meisie is na bewering Donderdag by die dorpie Omalyadhila in die Omusati-streek verkrag.
Dit is deur die nasionale polisiewoordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, in ‘n polisieverslag aangekondig.
Shikwaambi het gesê die verdagte is bekend en moet nog in hegtenis geneem word.
Die saak word nog ondersoek.
In ‘n afsonderlike voorval is ‘n 11-jarige meisie na bewering Woensdag deur ‘n man (26) by Ncuse-dorpie in die Kavango-Oos-streek verkrag.
“Die verdagte is na bewering die slagoffer se neef en hulle woon in dieselfde opstal,” het Shikwambi gesê.
Polisie-ondersoeke oor die saak duur voort.
‘n Sewe-jarige meisie is na bewering Donderdag deur ‘n Angolese man (30) by die Okambogo-dorpie by Onyaanya verkrag.
“Die verdagte sal vandag voor die Ondangwa-landdroshof verskyn,” het Shikwambi gesê.
In ‘n ander voorval is ‘n 15-jarige meisie na bewering by Omatando by Ongwediva verkrag.
Nog ‘n tiener, 14-jarige meisie, is na bewering Woensdag by die Oshiweda-dorpie in die Kunene-streek verkrag.
Shikwambi het gesê daar word beweer dat die verdagte die minderjarige by vier verskillende geleenthede verkrag het.
Die verdagte is bekend, maar is nog nie in hegtenis geneem nie.
Polisie-ondersoeke duur voort.