DIE polisie in die Kavango-Wes-streek ondersoek ’n saak van babastorting nadat ’n vrou (26) na bewering haar pasgebore dogter Maandag by die dorpie Ncamagoro begrawe het.
Julia Sakuwa-Neo, streekbevelvoerder van Kavango-Wes, het Woensdag gesê die verdagte het na bewering alleen in haar slaapkamer geboorte geskenk.
Met aflewering het die vrou die baba na bewering in ‘n plastieksak gesit en haar in die bosse naby haar opstal gegooi, het Sakuwa-Neo gesê.
“Sy het die oorlede baba verder verwyder van die plek waar sy dit gestort het, en dit ’n entjie verder gaan begrawe nadat sy gehoor het die polisie is ingelig en na verwagting sal die misdaadtoneel omsien,” het sy gesê.
Sakuwa-Neo het gesê die baba is begrawe in ‘n rooi plastieksak gevind sonder haar onderste ledemate.
Haar oorskot is na die Rundu-staatslykshuis vervoer vir ‘n lykskouing, wat nog gedoen moet word.
Sy het gesê die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie aangesien ‘n mediese ondersoek aangedui het dat sy ‘n miskraam gehad het.
Die dossier sal na die Rundu-landdroshof gestuur word vir ‘n beslissing.