Uittredende TransNamibia HUB kry nuwe pos


DIE uittredende hoof uitvoerende beampte (HUB) van TransNamib, Johnny Smith, is vanaf 1 April as Grindrod Rail se nuwe HUB aangestel.

Grindrod Rail is ‘n Suid-Afrikaanse spoormaatskappy.

In ‘n kort verklaring het die maatskappy se HUB, Xolani Mbambo, gesê weens Smith se ervaring by die Walvis Bay Corridor Group, asook sy ervaring in die land, sal hy verantwoordelik wees om groeigeleenthede vir die skeepsagentskap en terminale besigheid te ontsluit.

“Hy bring meer as 30 jaar ondervinding in organisasie- en strategie-ontwikkeling, internasionale besigheid, verkope, bemarking, projekbestuur, finansiële bestuur, en uitgebreide ondervinding in die spoor- en hawensbedryf,” het Mbambo gesê.

Smith het ‘n baccalaureusgraad in handel en ‘n meestersgraad in besigheidsadministrasie.

Hy het die nuwe pos bevestig.

“Dit is waar, ek het ‘n nuwe pos gekry, en ek sal aan die begin van April begin,” sê hy





Source link

Leave a Comment