SWAPO het die Okaku-kiesafdeling in die Oshana-streek behou.
Partykandidaat David Fillipus het die tussenverkiesing wat Vrydag gehou is, met 3 195 stemme gewen.
Sakaria Jakop van die Independent Patriots for Change het 852 stemme gekry, Jason Haufiku van die Popular Democratic Movement 122, en Tomas Nambambi van die Namibian Economic Freedom Fighters het 294 stemme gekry.
Die Verkiesingskommissie van Namibië het aangekondig dat 4 463 stemme in die tussenverkiesing uitgebring is, waarvan 22 verwerp is.
Die tussenverkiesing is gehou nadat die kiesafdeling se vorige raadslid, Gerson Kapenda, van Swapo, in Desember oorlede is.